DANKIE

Jy het my tegemoet gekom.
Jou arms om my toe gevou, toe ek kwaad en deurmekaar was.
Met jou arms om my, voel ek die hitte wat kalmte oor my spoel.
Die warmte wat jy in jou hart dra, gee jy dan vir my.
Jy maak my warm en laat my oorvloedig van geluk gloei.
Dankie, vir jou vergifnis wat nooit op raak en dat jy nie boekhou van my foute.
Dankie, vir gister: en al die vreugdes daarby.
Dankie, vir vandag: ons kosbare herinneringe van saam wees sal my altyd bybly.
Dankie, vir al die môres: wat jy my lewe gaan deel.
Ek is stil tevrede in jou liefde, ek sal geen dag, saam jou verruil.


 

BACK   NEXT

 


Copyright (c) L-Morgan Cooper ~ All Rights Reserved