GEYBRIEL, ONS HEMELSE KIND MET DIE GOUE VLERKIES

Jy het Jesus se voetspore huis toe gevolg.
Hy't nie n Engel gestuur, Mamma glo hy het jou self kom haal.
Pappa het geruk soos hy snik.
Toe het hulle jou lyfie gaan haal.
Mamma het jou vas gehou, jou handjies en voetjies gestreel
Oupa het gesê, mamma moet hierdie oomblik met jou deel.
Jy was reeds huistoe, en Mamma het vir jou gesê 'Vaarwel'
Daarna, donker dae pynlike verlange.
In die nag het ek jou vanuit jou kamer hoor huil.
Pappa het getroos.
Ek het gesê, Luister! Kan jy Geybriel dan nie hoor?
Ek het hom verduidelik, dis jy, jy roep ons.
Miskien het jy in die Hemel tussen die wolke die pad verloor.
Ek hoor jou nie meer in die nag.
Ek weet nou, jy het saam Jesus jou pad veilig huis toe gevind.
Jou vlerkies gekry en jy vlieg in die Hemel se wind.

 

BACK   NEXT

 


Copyright (c) L-Morgan Cooper ~ All Rights Reserved