KYLIE
Sout, soentjies, vetterige handjies.
Jam bekkie, kry persentjies amper elke dag.
Maak nie saak vir vuil voetjies of slapies sonder bad.
Oupa kielie magie vir vrolike seuntjie. Skater lag.
Dan n vreugdevolle gegiggel terwyl die perdjie van Oupa se knieë, met jou op en af.
Baba taal, praat Oupa ook as niemand naby is,
En hy vertel want jy verstaan, en party keer gesels jy sommer saam.
Elke dag se hy; "ai, jy word darem groot" en die strepies
Word teen die muur getrek.
En dan sommer eendag, so onverwags, is jy nie meer klein, maar eislik groot.
Maar vir Oupa bly jy sy klein seuntjie wat dan nou al
Kan kar bestuur.
Hier sit Oupa vandag en loer aandagtig deur sy bril na die meisie wat jy huis toe bring.
Hy, sê niks, maar jy verstaan.
En Steeds as hy lag dan lag jy saam.


|