KOM ONS ONTMOET MEKAAR HALFPAD
THE MOST IMPORTANT TRIP YOU MAY TAKE IN THIS LIFE, IS MEETING PEOPLE HALFWAY
Ek sien...........'n woestyn...........'n man..........wat eensaam........gebukkend...........teen die wind stap........in 'n rigting............op geen pad
'n rigting wat lei na nêrens..........'n nuttelose...........eensame weg...........alleen........teen die wind………en vorentoe net nog sand.
Ek probeer vir hom vluister
Hy hoor nie deur die wind
Ek skreeu en dit weergalm, steeds stap hy voort
Aan na nêrens..........eensaam.............en alleen
Hy hoor nie as ek vluister, hy hoor nie as ek skreeu
Hy stap, maar kyk nie om nie, want
Hy het my gehoor
Maar nie geluister
Wat ek gesê .....................geroep het..................en gevluister het .Was.
Draai om, die pad terug is baie korter
Dan stap ons in 'n rigting na mekaar
Die wind sal vir jou 'n paadjie waai, wat jy kan volg
Na skadubome, waar 'n fontein vloei
Waar ek vir jou sal wag
Die pad terug is nie so eensaam of alleen, want vorentoe is waar ek vir jou sal wag
Jy weet waarheen jy stap
Nie in 'n rigting wat lei na nêrens
Net, jy alleen
Hoekom sal jy nie omdraai, maar eerder
Vir ewig..........vorentoe stap.........na nêrens en..........niemand...........eensaam............vir ewig.............altyd alleen


|