ONS
Dit was 'n kosbare tyd.
Ons het gelag en gelewe.
Jubbelend, betowering sag en teer.
Ons het ons pad in die sonskyn geloop.
'n Vonk van vreugde in ons hart gedra.
Volmaakte harmonie.
Loflied op ons lippe.
Die klank van nuwe klokke elke dag.
Ons het saam ten volle uit geleef.
In my hart vandag, leef 'n groot dankbaarheid.
Ek het vrede gemaak, jy's nie meer hier.
Jy het my agtergelaat met 'n skatkis diep in my hart.
Liefde is oneindigend volmaak.
As ek opkyk na die hemelruim.
Sien ek 'n ster, sien ek jou – vrolik knikkend na my.
En ek ruik weer vanilla en oranje lemoen.
En ek onthou, hoe jy my soen.
Ek is gevul met vrede, oorvloed en tevredenheid'.


|