VREDE

Vrede, oorvloed en tevredenheid
Hou op om op verandering te wag
Die een seisoen los die ander af

Laat jou gedagtes altyd opwaarts strewe
Vir elke môre wat opnuut opwek tot lewe

Vind vreugdes in die klein dingetjies
Die onverwagte skatte langs die pad en
Al die geskenkies wat vorentoe op jou lewenspad
Vir jou wag

Herken dit wat voldoening en tevredenheid bevorder
Vrolike herinneringe wat jou omring

Wees dankbaar vir dit wat jy het
Geluk ken geen einde

Jou toekoms is geskilder in rooi en goue kleure
'n Mengelmoes van Liefde, Vreugde en Prag

 

BACK   NEXT

 


Copyright (c) L-Morgan Cooper ~ All Rights Reserved